Triek jou Triggers

Lente Retreat

Vry, 15 Aug – Son 17 Aug 2025

@ 5th Ave, Gooseberry Guesthouse, Linden, Johannesburg.

Aangebied deur Susan Berry.

Lente Retreat Augustus 2025

Aan die einde van die Winter… maak jou reg vir die Lente. Maak tyd vir jouself...

Die jaar is al alreeds ver gevorder, en nog steeds en nog altyd, soveel uitdagings en… TRIGGERS.

Jy kry nie tyd om by jouself uit te kom nie… MAAR HIER IS JOU KANS.

Na hierdie naweek sal jy weggaan met ‘n eenvoudige werkbare metode wat soveel stres uit jou lewe gaan haal en jou verhoudings positief gaan beinvloed wat jy ENIGE PLEK, ENIGE TYD kan toepas.

Dis regtig nou tyd.

Om jou eie geluk in eie hande te neem en nie meer emosioneel uitgelewer te wees aan ander mense en omstandighede nie. Deur nie meer rondgeswaai word deur die TRIGGERS om ons nie.

En Triggers is oral – klein, groot en aanhoudend.

Die lewe is eintlik ‘n hindernis-wedren van TRIGGERS.

En dit kan mens so magteloos en uitgelewer laat voel.

So, wat kan jy doen?

Hoe hanteer mens hierdie triggers en daarmee saam jou eie geluk in jou hande?

Kom woon hierdie naweek by en vind uit.

Jy het nodig om jouself te herlaai, ‘n bietjie te stop, asem te skep en weer tyd met jouself, in diepte te spandeer.

Jy as vrou gee sekerlik onselfsugtig meer as genoeg vir ander (want dis wat ons vrouens heeltyd doen).

MAAR waar is tyd vir jou?

Dit is nou tyd om vir JOU te gee en by JOUSELF uit te kom.

Aan die begin van hierdie nuwe seisoen, kom vir 'n keer by jou eie hart uit?

Na die naweek sal jy weggaan met 'n eenvoudige werkbare metode wat soveel stres uit jou lewe gaan haal en jou verhoudings positief gaan beinvloed wat jy ENIGE PLEK, ENIGE TYD kan toepas!

‘Triek jou Triggers’ is 'n naweek vir vroue, met vroue soos jy, wat voel dis nou regtig tyd vir haarself en tyd vir ‘n nuwe seisoen en ‘n nuwe rigting.

Gooseberry Retreats Lente Naweek

– A weekend of laughter, connection and sharing.

Aangebied deur Susan Berry

Datum:

Vrydag, 15 Aug (4:30pm) – Sondag, 17 Aug 2025 (2:30pm)

(4-Ster Verblyf, 2 aande, met etes ingesluit)

Adres:

5th Avenue Gooseberry Gastehuis
44 5de Laan
Linden

Dis great, maar...

Ek het nie die tyd nie.

Ons trek al by die 2de helfte van die jaar, load-shedding skedules, water beperkings… soveel skedules waarby ek moet byhou. Ek is druk besig by die werk en by die huis. En wat van my gesin?

Ontspan… Hierdie is ‘n naweek wat jou met tools gaan toerus om bietjie-vir-bietjie die triggers te begin triek wat jou so laat uitstres.

Maak die kar vol petrol!

Ek was al by soveel retreats...

Maar hierdie een, is anders as al die ander: Onkonvensioneel aangebied in ‘n verfrissende verpakking.

"In terme van retreats en wat hierdie spesifieke retreat (my 19de retreat) vir my beteken het:

Hierdie retreat was anders as al die voriges: Ek sal dit vir altyd onthou. Dit was ‘n experience. Ek het‘n grootse geskenk in ontvangs geneem. ‘n Naweek om inwaarts te fokus, om met bewustheid te lewe, om aandagtig te lewe, maar hoe doen ek dit?… dit was inderdaad ‘n lewensveranderende retreat.

My gereedskaptrommel is gevul met kosbare gereedskap wat ek daagliks nuttig kan aanwend.”

– Kinny Sinden

Ek kan nie nou nog iets aan myself spandeer nie.

Jy voel jy kan nie nou iets aan jouself spandeer nie?

Deur die naweek by te woon gee jy nie net vir jouself iets wat jy vir altyd kan gebruik soos hoe om stres in jou lewe te verminder nie, maar ook om te sien hoe mense om jou se gedrag begin verander, namate jy minder gestres en rustig word in jouself met die uitdagings van elke dag en die lewe.

Ons spandeer so maklik op goed waarvan die geluk kortstondig is en so maklik op ons uiterlike voorkoms, maar dit is die binneste voorkoms wat alles bepaal.

Ek ken niemand nie, ek is 'n introvert.

En, niemand ken iemand anders die naweek nie – tensy jy jou bestie saambring 🙂 

Die naweek is ‘n gulde geleentheid om ander te leer ken, maar veral om by jouself uit te kom.

Hierdie naweek gaan 100% oor jou!

Waarom moet ek oorslaap- ek bly so naby??

Om oor te slaap behou kontinuteit en die momentum van die naweek & die teachings.

Gaan terug huis toe en daar is heelwaarskynlik ‘n nuwe probleem, jou gedagtes word onderbreek en die volgende oggend moet jy van nuuts af weer in die vloei van die naweek kom.

Gun jouself die ononderbroke ME-time.

Wie is Susan Berry?

Susan Berry is ‘n ewige student van die lewe met ‘n wetenskaplike agtergrond, jare in die gastehuisbedryf, reis graag en gereeld, en is ‘n groot beauty lover.

Susan Berry

‘Anything can happen to anyone and it is best to be prepared.’

– Arundhati Roy

Die inhoud van hierdie retreat:

Is holisties, feitelik, onkonvensioneel, met praktiese voorbeelde en humor.

Is jy moeg vir self-help boeke en vele opsies vir “retreats?”

Laat ek raai… Jy wil nie nog een ding hoor nie?

Soveel praatjies, soveel kursusse, soveel raad waar daar met soveel gesag gepraat word.

Soveel videos op die internet.

Soveel om te onthou en om te doen… Sommer nog stres by.

“Life is a journey,” en daar is nooit ‘n eindpunt nie. Net die een oomblik na die ander.

Maar, in elke oomblik, is daar die keuse om te besluit HOE om te reageer.

Die reaksie bepaal weer die volgende oomblik(ke) ( en so jou geluk!) en ook die hele lewe wat bestaan uit opeenvolgende oomblikke. Elke “trigger” in elke oomblik is ‘n geleentheid om te probeer om op die beste manier te reageer. Maar hoe om dit te doen?

Triggers word deur ons almal ervaar. Niemand is uitgesluit nie. Maar daar is ‘n eenvoudige, praktiese manier wat soveel mense gebruik en waarna heeltyd teruggegaan kan word met enige trigger.

As hierdie vir ander kan werk, kan dit ook vir jou kan ‘n waardevolle tegniek wees.

So, hier is die geleentheid om te begin.

Die Retreat se inhoud is holisties, feitelik , onkonvensioneel, met praktiese voorbeelde en humor..

Dit sal later nie meer vir jou nodig wees om van die een kursus/retreat na die ander te gaan of die heeltyd een terapeut na die ander te sien nie, want jy sal jouself so goed begin leer ken– sterk in jouself.

Mens het ander mense en hulp nodig van tyd tot tyd en , gebruik dit absoluut, “no man is an island,” maar jy sal begin in jouself sterk word. Jy het by jouself uitgekom.

‘Van die oomblik wat Susan kontak gemaak het kon ek haar sagtheid en belangstelling aanvoel. Susan straal kalmte en rustigheid uit. Haar ‘toolbox’ is gepak met praktiese wenke wat ‘n enorme verskil gaan maak in my toekoms.’

-Elmarike de Bruin

Wat is die koste en wat sluit dit in?

R 3,900.00 per persoon (BTW ingesluit).

Die koste sluit die volgende in:

  • Jou eie kamer
  • 2 Aande (Vrydag en Saterdag aand) 4-ster akkommodasie in Gooseberry Gastehuis
  • Vroegoggend koffie & beskuit
  • Laataand hot chocolate
  • Heerlike kos: Geen “net slaaiblare en dieet tipe etes” hier nie
  •  4 Teetye met tuisgebakte eetgoed
  • Aandetes: Vrydag en Saterdag aand
  • Brunch: Saterdag en Sondag
  • Geskenkpak
  • Toegang tot tuin
  • Triek jou Triggers: Holistiese oorsig met inligting en praktiese toepassing in jou eie lewe
  • Genoeg eie tyd vir refleksie in die welige tuin met sy baie sithoekies.
  • Wifi
  • Parkering
  • Stilte in die stad: Dis hier waar jy kan wegbreek van die geraas van buite en na binne in jouself kan beweeg, by een van baie Gooseberry wegbreekhoekies in die tuin.

Kom en ervaar die warm huislikheid en ongekende gasvryheid van 5th Avenue Gooseberry gastehuis en sy personeel vir jouself vir ‘n naweek.

Waar registreer ek?

Hmmm... ek is nog nie seker wat ek persoonlik hieruit gaan baat nie?

Gedurende die naweek sal jy die volgende leer:

Hoe om jou geluk in jou eie hande te neem deur Triggers te verstaan en hoe om dit te hanteer.

Beheer van jou lewe te neem sonder om uitgelewer te voel aan ander mense se behoeftes en emosies wat jou geluk rondswaai.

  • Wat is triggers?
  • Waar kom hulle vandaan?
  • Het dit eintlik iets met myself te doen?
  • Wat maak ek met daardie triggers?
  • Leer hoe om triggers te identifiseer.
  • Leer ken jou triggers van binne na buite.
  • Leer hoe om jou triggers te triek van negatief na positief.

Gun jou self hierdie naweek saam met ander vroue soos jy om op jou eie tyd, in jou eie spasie, die eenvoud van die metode toe te pas en te oefen met ondersteuning, sodat jy prakties bekend is daarmee na die naweek.

Sal dit nie wonderlik wees om vertroud te wees met ‘n toolbox met trieks wat vir triggers gebruik kan word nie?

‘Whow!! Wat n wonderlike ‘’Tool” neem ek saam met my, na ‘n onvergeetlike naweek wat ek uit my sokkies bederf is.

Dit was n belewenis om saam met jou en ons groepie vroue tyd te he vir mekaar maar meer nog tyd vir MYSELF. Wie sou kon dink dat my bewustheid en toepassing van hierdie ‘’TOOL” waarmee jy ons huistoe gestuur het, so groot verskil kan maak in my eie emosies en denke. Verseker ‘n TRIEK wat ek in die oomblik/nou hier of op ander enige plek  kan toepas met tyd vir myself, aan myself.

Baie dankie vir al die ekstra fyn detail waarmee jy elke vrou baie spesiaal laat voel het.’

‘Ek het nog baie meer om te deel en vertel, maar daarvoor moet vroue self hierdie retreat kom beleef.’

-Lindi de Clercq

Na die naweek sal jy weggaan met ‘n eenvoudige werkbare metode wat soveel stres uit jou lewe gaan haal en jou verhoudings positief gaan beinvloed wat jy ENIGE PLEK, ENIGE TYD kan toepas.

Wat is triggers?

  • Is daar sekere mense/omstandighede wat jou gereeld trigger, oor en oor. En jy weet nie wat om te doen met dit nie?… Dis ‘n trigger.
  • Is daar sekere emosies (en dit word gereeld getrigger) waarvan jy net wil wegkom? Jy voel magteloos daarteen?… Dis ‘n trigger.
  • Jou kinders wat altyd naby jou gebly het trek weg of emigreer, die hartseer van iemand wat dood is – die gemis, die trauma van ‘n geweldadige dood in die familie, die verwyt van jouself vir goed wat jy gesê het/nie gesê het nie… Dis GROOT triggers.
  • Jy trek ander se probleme so sterk aan (kinders s’n veral) dat dit jou hele lewenskwaliteit beinvloed want jy voel hulpeloos om te help en jy sou so graag wou… Dis ‘n trigger.
  • Het jy al sodanig gereageer op ‘n situasie dat jy daarna soveel meer addisionele probleme het agv jou reaksie en so sleg voel daaroor, maar jy kon jouself net nie help nie?… Dis ‘n trigger wat kleintjies kry.
  • Is jy omring deur moeilike mense, voel jy jy is dikwels die slagoffer van ander, ongewaardeer?… Dis ‘n trigger.
  • Voel jy met tye oorweldig met situasies en omstandighede wat jou absoluut gooi en voel jy jy het geen beheer nie – jy is uitgelewer en magteloos?… Dis ‘n trigger.
  • Voel jy nog ontsteld lank na jou dogter nie meer ontsteld is oor dit wat haar gepla het nie?… Dis ‘n trigger.
  • Is jy die een na wie ander kom met probleme en jy moet luister, en jyself het nie iemand waar jy veilig voel nie? Kom leer om dit vir jouself te gee.
  • Kan jy sien jy doen dieselfde goed oor en oor al wil jy nie, maar jy kan jouself nie help nie?… Dis ‘n trigger.

Gun jou self hierdie naweek saam met ander vroue soos jy om op jou eie tyd, in jou eie spasie, die eenvoud van die metode toe te pas en te oefen met ondersteuning, sodat jy prakties bekend is daarmee na die naweek.

Triek jou Triggers Lente Retreat

Jy het niemand of niks anders nodig om dit toe te pas nie. Net jouself. Jy is in beheer van jou lewe en nie meer uitgelewer aan ander nie.

Ek het na die naweek weggestap gereed om Goliat te ontmoet…

‘Ek was by tye oorweldig deur my gevoelens as vrou, ma, dogter, vriendin en onderwyser. Die advertensie “Triek jou Triggers” op FB het eenvoudig met my ‘gepraat’.

Ek het na die naweek weggestap gereed om Goliat te ontmoet…

Deur middel van Susan se eie getuienis, deel sy oor die tydperk van twee dae soveel insig en raad om self toe te pas om enige situasie te kan hanteer.

Dit was ‘n ongelooflike ervaring, tesame met die bederf wat my soos familie gevoel het wat tuisgekom het.’

– Rochelle Smith

Sal dit vereens nie wonderlik wees om hierdie winter te kan ingaan met ‘n toolbox vol trieks teen triggers nie?

Ek wil nou registreer!

Benodig jy enige verdere inligting oor die naweek, of wil jy sommer net gesels oor ‘n koppie koffie?

Kontak Susan Berry: 

Oproep of What’s App: 083 280 5422

Epos: retreat@gooseberryguesthouse.co.za

Bly in kontak

Sign up to stay updated with our latest news!

No spam. We promise.