‘Anything can happen to anyone and it is best to be prepared.’
– Arundhati Roy
Is jy moeg vir self-help boeke en vele opsies vir “retreats?”
Laat ek raai… Jy wil nie nog een ding hoor nie?
Soveel praatjies, soveel kursusse, soveel raad waar daar met soveel gesag gepraat word.
Soveel om te onthou en om te doen… Sommer nog stres by.
“Life is a journey,” en daar is nooit ‘n eindpunt nie, maar elke “iets” of “trigger” is ‘n geleentheid om te probeer om dit op die beste manier te hanteer.
Soos almal, ervaar Susan ook gereeld triggers en dis ‘n aanhoudende proses van loop, val, weer opstaan en regmaak. Maar, dis ‘n eenvoudige, werkbare manier waarna altyd terug gegaan kan word.
As hierdie vir haar werk, sal daar nog vrouens wees vir wie hierdie metode waardevol kan wees.
So, hier is die geleentheid om te begin.
Dit sal later nie meer vir jou nodig wees om van die een kursus na die ander te gaan of die heeltyd een terapeut na die ander te sien nie, want jy sal jou eie terapeut begin word – sterk in jouself.
Mens het ander mense en hulp nodig van tyd tot tyd en ja, gebruik dit absoluut, “no man is an island,” maar jy begin in jouself sterk word. Jy het vir “JOU” gekry.