Nog 'n Jy en Jou Naweek

Triek jou Triggers

Aangebied deur Susan Berry

Vry, 25 November – Son, 27 November

@ 5th Ave, Gooseberry Guesthouse

Dis tyd. Gee jouself 'n geskenk.

Voor jy die kerskoek begin bak of koop, ander se geskenke toedraai en familie onthaal, gee jouself eers ‘n geskenk.

Die jaar is verby, jy is gedaan en nou lê die besige Desember voor met familie, kuiergaste en daarmee saam defnitief, TRIGGERS! 

Jy weet nie hoe en wanneer jy gaan recover van die jaar nie. En… Dis nie al nie. Die nuwe jaar is om die draai met al sy nuwe uitdagings en… TRIGGERS!

Jy voel jy het nie tyd om by jouself uit te kom nie. Jy gaan dalk, tenspyte van die feit dat dit “vakansie” gaan wees, nog steeds meer en meer besig wees. 

Triggers is oral.

Eintlik bestaan die lewe uit triggers – klein en groot. Die lewe is eintlik ‘n hindernis-wedren.

Hoe hanteer mens hierdie triggers en daarmee saam jou eie geluk in jou hande?

Jy het nodig om jouself te herlaai, ‘n bietjie te stop, asem te skep en weer tyd met jouself, in diepte te spandeer.

Jy het onselfsugtig meer as genoeg vir ander gegee en gedoen hierdie jaar, want dis wat ons vrouens heeltyd doen.

Vriendin… Dis tyd.

Kom, sluit jou jaar af en energise jouself sodat jy reg is vir uitdagings van die Kersvakansie asook die nuwe jaar wat om die draai wag!

Na die naweek sal jy weggaan met ‘n eenvoudige werkbare metode wat soveel stres uit jou lewe gaan haal en jou verhoudings positief gaan beinvloed wat jy ENIGE PLEK, ENIGE TYD kan toepas.

Triek jou Triggers is 'n naweek vir vroue, met vroue soos jy, wat voel dis tyd om te herwin.

– A weekend of laughter, connection and sharing.

Aangebied deur Susan Berry

Datum:
Vrydag, 25 November (16:30) – Sondag, 27 November (12:30)

(2 Aande 4-Ster akkommodasie en etes ingesluit)

Adres:
5th Avenue Gooseberry Gastehuis
44 5de Laan
Linden

RSVP nie later as Maandag, 14 November

Dis great, maar...

Ek het nie die tyd nie.

Ek is druk besig by die werk en by die huis.

Dinge kom net nie klaar nie en daar is nog baie om te doen voor die einde van die jaar. En wat van my gesin?

Ontspan… Hierdie is ‘n naweek wat jou met tools gaan toerus om bietjie-vir-bietjie die triggers te begin triek wat jou so laat uitstres.

Maak die kar vol petrol!

Ek kan nie nou nog iets aan myself spandeer nie.

Jy voel jy kan nie nou iets aan jouself spandeer nie – kersgeskenke lê voor, ens, ens…

Deur die naweek by te woon gee jy nie net vir jouself iets wat jy vir altyd kan gebruik soos hoe om stres in jou lewe te verminder nie, maar ook om te sien hoe mense om jou se gedrag begin verander, namate jy minder gestres en rustig word in jouself met die uitdagings van elke dag en die lewe.

Ons spandeer so maklik op goed waarvan die geluk kortstondig is en so maklik op ons uiterlike voorkoms, maar dit is die binneste voorkoms wat alles bepaal.

Ek ken niemand nie, ek is 'n introvert.

En, niemand ken iemand anders die naweek nie – tensy jy jou bestie saambring 🙂 

Die naweek is ‘n gulde geleentheid om ander te leer ken, maar veral om by jouself uit te kom.

Hierdie naweek gaan 100% oor jou!

Wie is Susan Berry?

Susan Berry is ‘n ewige student van die lewe met ‘n wetenskaplike agtergrond in Chemie & Fisika, jare in die gastehuisbedryf, asook 'n beauty lover.

‘Anything can happen to anyone and it is best to be prepared.’

– Arundhati Roy

Is jy moeg vir self-help boeke en vele opsies vir “retreats?”

Laat ek raai… Jy wil nie nog een ding hoor nie?

Soveel praatjies, soveel kursusse, soveel raad waar daar met soveel gesag gepraat word.

Soveel om te onthou en om te doen… Sommer nog stres by.

“Life is a journey,” en daar is nooit ‘n eindpunt nie, maar elke “iets” of  “trigger” is ‘n geleentheid om te probeer om dit op die beste manier te hanteer.

Soos almal, ervaar Susan ook gereeld triggers en dis ‘n aanhoudende proses van loop, val, weer opstaan en regmaak. Maar, dis ‘n eenvoudige, werkbare manier waarna altyd terug gegaan kan word. 

As hierdie vir haar werk, sal daar nog vrouens wees vir wie hierdie metode waardevol kan wees.

So, hier is die geleentheid om te begin.

Dit sal later nie meer vir jou nodig wees om van die een kursus na die ander te gaan of die heeltyd een terapeut na die ander te sien nie, want jy sal jou eie terapeut begin word – sterk in jouself.

Mens het ander mense en hulp nodig van tyd tot tyd en ja, gebruik dit absoluut, “no man is an island,” maar jy begin in jouself sterk word. Jy het vir “JOU” gekry.

Susan Berry

Wat is die koste en wat sluit dit in?

Early-bird tickets:

R 3,900.00 per persoon.

Die koste sluit die volgende in:

  • Jou eie kamer
  • 2 Aande (Vrydag en Saterdag aand) 4-ster akkommodasie in Gooseberry Gastehuis
  • Vroegoggend koffie & beskuit
  • Laataand hot chocolate
  • Heerlike kos: Geen “net slaaiblare en dieet tipe etes” hier nie
  • 3 Teetye met eetgoed
  • Aandetes: Vrydag en Saterdag aand
  • Brunch: Saterdag en Sondag
  • Geskenkpak
  • Toegang tot tuin
  • Triek jou Triggers: Holistiese oorsig met inligting en praktiese toepassing in jou eie lewe
  • Genoeg eie tyd vir refleksie in die welige tuin met sy baie sithoekies.
  • Wifi
  • Parkering
  • Stilte in die stad: Dis hier waar jy kan wegbreek van die geraas van buite en na binne in jouself kan beweeg, by een van baie Gooseberry wegbreekhoekies in die tuin.

Waar registreer ek?

Hmmm... ek is nog nie seker wat ek persoonlik hieruit gaan baat nie?

Gedurende die naweek sal jy die volgende leer:

  • Wat is triggers?
  • Waar kom hulle vandaan?
  • Het dit eintlik iets met myself te doen?
  • Wat maak ek met daai triggers?
  • Leer hoe om triggers te identifiseer.
  • Leer ken jou triggers van binne na buite.
  • Leer hoe om jou triggers te triek van negatief na positief.
  • Neem beheer van jou lewe sonder om uitgelewer te voel aan ander mense se behoeftes emosies.

Gun jou self hierdie naweek saam met ander vroue soos jy om op jou eie tyd, in jou eie spasie, die eenvoud van die metode toe te pas en te oefen met ondersteuning, sodat jy prakties bekend is daarmee na die naweek.

Sal dit vereens nie wonderlik wees om ‘n Desember vakansie of Nuwe Jaar te kan ingaan met ‘n toolbox vol trieks teen triggers nie?

Kliek op die geskenkpakkie vir ‘n geskenk aan jouself, van jouself!

Na die naweek sal jy weggaan met ‘n eenvoudige werkbare metode wat soveel stres uit jou lewe gaan haal en jou verhoudings positief gaan beinvloed wat jy ENIGE PLEK, ENIGE TYD kan toepas.

Wat is triggers?

  • Is daar sekere mense/omstandighede wat jou gereeld trigger, oor en oor. En jy weet nie wat om te doen met dit nie?… Dis ‘n trigger.
  • Is daar sekere emosies (en dit word gereeld getrigger) waarvan jy net wil wegkom? Jy voel magteloos daarteen?… Dis ‘n trigger.
  • Jou kinders wat altyd naby jou gebly het trek weg of emigreer, die hartseer van iemand wat dood is – die gemis, die trauma van ‘n geweldadige dood in die familie, die verwyt van jouself vir goed wat jy gesê het/nie gesê het nie… Dis GROOT triggers.
  • Jy trek ander se probleme so sterk aan (kinders s’n veral) dat dit jou hele lewenskwaliteit beinvloed want jy voel hulpeloos om te help en jy sou so graag wou… Dis ‘n trigger.
  • Het jy al sodanig gereageer op ‘n situasie dat jy daarna soveel meer addisionele probleme het agv jou reaksie en so sleg voel daaroor, maar jy kon jouself net nie help nie?… Dis ‘n trigger wat kleintjies kry.
  • Is jy omring deur moeilike mense, voel jy jy is dikwels die slagoffer van ander, ongewaardeer?… Dis ‘n trigger.
  • Voel jy met tye oorweldig met situasies en omstandighede wat jou absoluut gooi en voel jy jy het geen beheer nie – jy is uitgelewer en magteloos?… Dis ‘n trigger.
  • Voel jy nog ontsteld lank na jou dogter nie meer ontsteld is oor dit wat haar gepla het nie?… Dis ‘n trigger.
  • Is jy die een na wie ander kom met probleme en jy moet luister, en jyself het nie iemand waar jy veilig voel nie? Kom leer om dit vir jouself te gee.
  • Kan jy sien jy doen dieselfde goed oor en oor al wil jy nie, maar jy kan jouself nie help nie?… Dis ‘n trigger.

Gun jou self hierdie naweek saam met ander vroue soos jy om op jou eie tyd, in jou eie spasie, die eenvoud van die metode toe te pas en te oefen met ondersteuning, sodat jy prakties bekend is daarmee na die naweek.

Jy het niemand of niks anders nodig om dit toe te pas nie. Net jouself. Jy is in beheer van jou lewe en nie meer uitgelewer aan ander nie.

Sal dit vereens nie wonderlik wees om ‘n Desember vakansie of Nuwe Jaar te kan ingaan met ‘n toolbox vol trieks teen triggers nie?

Ek wil nou registreer!

Benodig jy enige verdere inligting oor die naweek, of wil jy sommer net gesels oor ‘n koppie koffie?

Kontak Susan Berry: 

Oproep of What’s App: 083 280 5422

Epos: info@gooseberry1.co.za

Terloops, het jy geweet 5th Avenue Gooseberry Guesthouse het onlangs erkenning van HotelsCombined ontvang as een van die top gastehuise in SA? Lees meer hieroor in hierdie artikel.

Bly in kontak

Sign up to stay updated with our latest news!

No spam. We promise.